Nottingham-aanval: Motief nie duidelik nie

Polisie in die Verenigde Koninkryk het ‘n 31-jarige man in hegtenis geneem wat verdink word van die moord op drie mense in Nottingham. Twee studente van die Universiteit van Nottingham is met steekwonde in Ilkeston-weg aangetref en ‘n man in sy vyftigs is met meswonde in Magdala-weg gevind. Die polisie vermoed die twee voorvalle hou met mekaar verband. Hoofkonstabel Kate Meynell sê daar is tans geen inligting beskikbaar om te bepaal of die voorval terreurverwant is nie: