Stampriet se brandstof is duurder as Rundu, Oshakati en Oranjemund s’n
Simonis Storm se ontleding van brandstofpryse regoor die land toon dat brandstof uiters duur moet wees om te vervoer. Die prys van diesel styg met 8 sent ‘n liter vanaf Walvisbaai tot by Swakopmund, en petrol is 7 sent duurder op Swakopmund. By die tyd wat diesel op Karibib aankom kos dit 23 sent ‘n liter meer met petrol wat 22 sent duurder is. In Windhoek kos brandstof dieselfde as op Otjiwarongo, 43 sent per liter diesel duurder met 42 sent meer vir ‘n liter petrol. Op Mariental is diesel 19 dollar 57 maar, vervoer dit 50 kilometer verder na Stampriet en die prys spring met 10 sent ‘n liter. In petrol se geval spring dit ook so van 20 dollar 30 tot 20 dollar 40. Beide pryse is duurder as Oranjemund, Rundu en Oshakati s’n. En nog meer verbasend, vanaf Stampriet styg die prys met net 6 sent ‘n liter elk tot op Ariamsvlei.