VN se Sudan-gesant is persona non grata

Die Sudanese regering het die Verenigde Nasies se gesant Volker Perthes as “persona non grata” verklaar, twee weke nadat die weermaghoof hom daarvan beskuldig het dat hy die land se burgerlike konflik aangevuur het en probeer het om hom uit sy pos te verwyder. Perthes is sedert laat verlede jaar aan die hoof van die VN se sending in Sudan. In ‘n brief aan die VN verlede maand het Sudan se de facto-leier, generaal Abdel Fattah al-Burhan, die gesant die skuld gegee vir die verergering van gevegte tussen sy leër en die Rapid Support Forces.