Twee vermeende vroulike verkragters bly agter tralies

Die twee vroue wat van die verkragting van ‘n geestelik gestremde man aangekla word, is borg in die Oshakati-landdroshof geweier. Anatolia Petrus, 29, en Ruaha Pinhas, 33 het blykbaar die 22-jarige herhaaldelik sedert die begin van die jaar verkrag deur hom na hul huis toe te lok. Die slagoffer se 58-jarige tannie het die saak by die polisie aangemeld. Die staatsaanklaer Yeukai Kangira sê die klagte is uiters ernstig en daar is kommer dat die twee verdagtes met die ondersoek, wat nog in ‘n vroeë stadium is, sal inmeng omdat die beweerde insidente in ‘n klein gemeenskap plaasgevind het. Die saak is tot 28 September uitgestel.