ANC-standpunt oor oorlog – miljarde kan verloor word

Suid-Afrika kan tot soveel as 613 miljard Suid-Afrikaanse rand aan inkomste uit uitvoere verloor as sommige van sy handelsvennote besluit om wraak te neem teen sy onwilligheid om standpunt in te neem teen Rusland se inval in Oekraïne. Dit is volgens Stanlib-batebestuur. Suid-Afrika het ‘n neutrale standpunt ingeneem oor die oorlog en by talle stemprosesse van die Verenigde Nasies waar Rusland se inval veroordeel word, buite stemming gebly. ‘n Stanlib-ekonoom, Ndivhuho Netshitenzhe, sê die toenemende risiko en vermeende positiewe houding teenoor Rusland kan buitelandse beleggers uit die land verdryf. Intussen word daar berig dat die ANC oorweeg om die Brics-beraad van staatshoofde wat in Augustus gehou word na China te verskuif. Russiese President Vladimir Putin woon dit by.