Trump aangekla oor geklassifiseerde dokumente, 7 federale klagtes

Voormalige Amerikaanse President Donald Trump is aangekla oor sy hantering van geklassifiseerde dokumente nadat hy die Withuis verlaat het. Hy moet Dinsdagmiddag in ‘n hof in Miami verskyn. Hy staar sewe aanklagte in die gesig, insluitend die ongemagtigde bewaring van geklassifiseerde lêers, het Amerikaanse media berig, maar die akte van beskuldiging is nog geseël. Dit is die eerste federale aanklag ooit van ‘n voormalige president. Trump sê in ‘n plasing op Truth Social hy is onskuldig.