Alle oë op Helsinki môre met Swakara-veiling
Alle oë is op die Swakara-veiling wat môre by Saga Furs in Helsinki, Finland, plaasvind. Dit kom ná die ineenstorting van die mark vir pelse laat in 2020 en die gevolglike likwidasie van Kopenhagen Fur, wat tot dusver die agent vir Namibiese Swakara-pelse was. Produsente het uiters groot uitdagings tydens Covid gehad en was ook genoodsaak om die vleismark te betree. Plaaslike produsent Louisa Campbell van Lovedale Farming, sê die kern van die saak lê in die prys.