Datums vir Marén se borgaansoek dalk vandag bepaal

Marén de Klerk, wat by die Fishrot-skandaal betrek word, verskyn weer vandag in die Paarl-landdroshof in die Wes-Kaap, na sy saak Vrydag uitgestel is. Daar word verwag die datums vir sy borgaansoek sal vandag bepaal word. De Klerk is verlede week Donderdag gearresteer na die Namibiese minister van justisie, Yvonne Dausab in Mei verlede jaar sy uitlewering formeel versoek het. De Klerk word deur die Namibiese regering gesoek vir korrupsie, bedrog, diefstal en geldwassery. In 2022 het die Paarl-landdroshof ’n lasbrief vir inhegtenisneming vir De Klerk uitgereik, wat gevolg is deur die publikasie van ’n rooi kennisgewing deur Interpol. Hy is onlangs in die plaaslike hoërhof as voortvlugtige deur die regter bestempel in ‘n aansoek rakende ‘n boedel waar hy betrokke was. De Klerk het vroeg in 2020, na hy aan die Fishrot-skandaal gekoppel is, Namibië verlaat. Hy het intussen ‘n webtuiste in die Wes-Kaap onder sy naam gestig wat regsdienste in Adderleystraat in Kaapstad aanbied.