Masisi sê Namibië en Botswana is een

Botswana het by Charles Hill die Ovaherero Otjiserandu Kulturele Fees gehou. Daar is ‘n groot Ovaherero bevolking in die buurland, hoofsaaklik as gevolg van die volksmoord tussen 1904 en 1908 toe lede van die stam die Duitse uitwissingsbevel gevlug het. Daar is ook tot op hede, noue samewerking tussen die gemeenskap en die Omaheke-streeksraad. Botswana se President Mokgweetsi Masisi het die skare toegespreek en beloof om volgende jaar, wanneer hy verjaar, op Okahandja te wees.

Hy sê Namibië en Botswana is een.