Zelensky sê Navo-lidmaatskap kritiek vir veiligheid
Die Oekraïnse President Volodymyr Zelensky het ‘n verrassingsbesoek aan die Europese Politieke-gemeenskapsberaad in Moldawië gebring om ondersteuning te kry vir sy land se bod om by Navo aan te sluit. Moldawië sukkel self met afhanklikheid op Rusland al wil die land ook by Navo aansluit. Zelensky sê dit is die enigste manier om die ou-Oosbloklande se vrede en veiligheid te waarborg.
Navo hou sy volgende beraad in Julie.