Sakelui sê SA-visumstelsel is uiters swak

Die Wes-Kaapse LUR vir Finansies en Ekonomiese Geleenthede, Mireille Wenger, sê beslissende optrede is nodig om die uitdagings in Suid-Afrika se visumstelsel te takel. ‘n Onlangse meningspeiling deur die provinsiale Departement van Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme het bevind 78 persent van die deelnemers het die land se immigrasie-aansoekstelsel as baie swak beskryf teenoor dié van ander lande. Wenger sê nog ‘n kommerwekkende bevinding was dat 26 persent sakeondernemings hulle bedrywighede na die buiteland verskuif het weens die ernstige probleme wat die nasionale visumstelsel veroorsaak: