Stokes sal reg wees vir die As

Engeland se hoofafrigter, Brendon McCullum, sê hy bly positief dat die kaptein, Ben Stokes, trefkrag sal hê met die bal tydens die reeks om die As teen Australië. Twyfel bestaan oor hoe Stokes as bouler ingespan gaan word nadat hy slegs twee keer in die Indiese Premierliga gespeel het. Engeland kom Donderdag op Lords in ‘n enkele toets teen Ierland te staan voordat hulle Australië op 16 Junie op Edgbaston pak vir die eerste toets om die As. McCullum sê Stokes word fyn gemonitor: