Hoekom lê pasgebore babas in Mahikeng in kartonbokse?

ActionSA in Noordwes het aan die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie geskryf om ondersoek in te stel waarom pasgebore babas by die Mahikeng Hospitaal in kartonbokse geplaas is in plaas van broeikaste of wiegies. Dit volg nadat foto’s op Facebook verskyn het van babas in pers hospitaalkombersies,  met nasogastriese buise wat in bruin bokse lê. ActionSA se woordvoerder, Karabo Seane, sê hierdie voorval beklemtoon die voortslepende verval in die provinsie se gesondheidsorg: