Pirates is gereed om trofee vir eerste keer in 9 jaar terug te wen

Orlando Pirates sal Saterdag in die Nedbankbeker-eindstryd vir Sekhukhune United op Loftus Versfeld in Pretoria pak. Sekhukhune het ‘n geleentheid om vir die eerste keer te wen, terwyl Pirates die Beker reeds agt keer verower het. Die Soweto-reuse het ‘n goeie Premierliga-seisoen beleef waarin hulle tweede geëindig het, ná Mamelodi Sundowns. Pirates se kaptein, Innocent Maela, sê hulle is gereed om te veg om die Nedbankbeker vir die eerste keer sedert 2014 te wen: