Op-die-hoef bees-uitvoere styg met 103%

Die jongste syfers van Agribank toon dat op-die-hoef beesuitvoere met 103 persent vanjaar gestyg het. Daar is 81 142 diere uitgevoer. In Maart het is daar 49 persent meer diere uitgevoer, op net meer as 22 000 vergeleke met die amper 15 000 in Februarie. Volgens Agribank, neem die bemarking van vee regoor die land toe as gevolg van die dreigende droogte. Die Vleisraad sê met die toenemende uitvoere sowel as verslagtingsyfers, sal pryse aanhou daal.