Duitse energie-verskaffers ondersoek

Duitsland se mededingings-reguleerder ondersoek verskeie energie-verskaffers vir moontlike misbruik van die energie-prysperk wat deur die regering ingestel is om inwoners en maatskappye teen skerp stygende pryse te beskerm. Die Duitse regering het verlede jaar ‘n noodlenigings-pakket van 200 miljard euro beskikbaar gestel om maatskappye en huishoudings van hulp te wees met die stygende koste van elektrisiteit en gas ná Rusland se inval in Oekraïne. Elektrisiteit- en gas-tariewe van sommige Duitse verskaffers oorskry die regering se voorgeskrewe perk ondanks ‘n daling in gaspryse wêreldwyd. Dit lei tot kommer dat verskaffers pryse verhoog om voordeel te trek uit die subsidies.