Kaapstad vaar uiters goed met jeug-werksgeleenthede

Die Wes-Kaapse Departement van Finansies en Ekonomiese Geleenthede het onlangs ‘n werwingsveldtog op die Athlone-stadion in Kaapstad gehou in samewerking met 12 werkgewers wat betrokke is by die uitkontraktering van sake-prosesse. Operateurs het onderhoude gevoer met werklose jongmense tussen 18 en 34 met matriek of ‘n gelykstaande kwalifikasie, om ‘n duisend van hulle in diens te neem. Die LUR, Mireille Wenger, sê die bedryf is ‘n dinamiese en groeiende sektor van die provinsie se ekonomie: