Tegniese Advieskomitee oor Fima aangestel

Die minister van finansies Ipumbu Shiimi het vandag die Tegniese Advieskomitee oor hoofstuk 5 van die Wet op Finansiële Instellings en Markte, bekend as Fima, ingehuldig. Verlede jaar het Shiimi die implementering van die omstrede wet uitgestel te midde van intense druk van verskeie belanghebbendes om die omstrede klousule oor verpligte behoud van aftreevoordele te laat vaar. Die komitee word gelei deur dr. Manfred Zamuee en sal openbare konsultasies met die publiek voer. Die ministerie se woordvoerder Wilson Shikoto het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê wie deel van die komitee is.