Man vasgetrek oor twee koekies

‘n Namibiese man is in hegtenis geneem by Okakondo-kroeg en supermark by Werda in die Kunene-streek nadat hy glo twee koekies gesteel en ‘n venster gebreek het. Na bewering het die 37-jarige verdagte in oor die toonbank van die supermark gespring, twee koekies gegaps en dit geëet het sonder om daarvoor te betaal. Daarna het hy na die kroeg gegaan en die venster gebreek. Die waarde van die twee koekies en die venster is 106 Namibiese dollar.