Sikloon Macho op pad na Bangladesj en Mianmar
Sowat 400 000 mense in Bangladesj en Mianmar moes hulle huise ontruim weens die kragtige sikloon Macho wat die kusgebied van die lande bereik het. Windspoed van 210 kilometer per uur word verwag, wat golwe van tot vier meter kan veroorsaak. Na raming kan meer as twee miljoen mense in Mianmar geraak word. Die VN se satellietsentrum het egter gewaarsku dat veel meer mense geraak kan word wanneer die sikloon vanaf die Baai van Bengale oor die land inbeweeg. Kommer heers veral oor die meer as miljoen Rohingya-vlugtelinge uit Mianmar wat in kampe in ‘n kusdorp in Bangladesj woon