ECN gereed vir môre se tussenverkiesing vir Keetmans-landelik

Die hoofverkiesingsbeampte van die Verkiesingskommissie van Namibië, Theo Mujoro, het in ‘n verklaring bevestig dat alles gereed is vir die tussenverkiesing van die Keetmanshoop-landelike kiesafdeling wat môre sal plaasvind. Hy het in ‘n mediaverklaring gesê dat alle voertuie, toerusting en materiaal vandag by stempunte afgelewer sal word. Mujoro het bevestig dat slegs reeds geregistreerde kiesers wat hul stemkaarte verloor het, nog steeds tot tot vanaand om sewe-uur vir duplikaat stemkaarte kan aansoek doen by die ECN se kantoor op Keetmanshoop, die Aroab-kiessafdeling en die gemeenskapsaal op Koës.