Opdraende stryd vir Erdogan vandag in Turkse verkiesing
Die President van Turkye, Tayyip Erdogan, sal na verwagting vandag ‘n opdraende stryd voer om sy presidentskap van twee dekades te behou. Die land se presidents- en parlementsverkiesings het vanoggend begin. Peilings bevoordeel Erdogan se teenstander, Kemal Kilicdaroglu. Indien een kandidaat nie ‘n volstrekte meerderheid kry nie, sal ‘n tweede ronde stemmery op 28 Mei plaasvind.