Nampol soek na olifantstroper in Omusati

Die Namibiese polisie in die Omusati-streek is op die spoor van ‘n bekende verdagte wat na bewering ‘n olifant in die Onamwege-nedersetting in die Ruacana-kiesafdeling gestroop het. Die verdagte word gesoek vir verskeie kriminele aanklagte. Die verdagte het die olifant sonder ‘n permit doodgeskiet met ’n 303-geweer en ammunisie waarvoor hy geen lisensie het nie. Die polisie het die olifant se karkas, die geweer, ‘n magasyn gelaai met ses rondtes en drie ou patrone op die toneel gevind. Die Namibiese polisie het bevestig die verdagte is bekend aan hulle, maar nog nie in hegtenis geneem nie.