Israel gaan voort met lugaanvalle op Gaza-strook

Israel het vir ‘n tweede opeenvolgende dag lugaanvalle op die Gaza-strook uitgevoer. Volgens Israel is vuurpyl-lanserings-infrastruktuur van die Islamitiese Jihad militante groep geteiken. Mediese amptenare in Gaza sê minstens een persoon is dood en een is gewond. Die Israelse weermag het senior bevelvoerders van die militante groep geteiken, omdat hulle glo aanvalle teen Israel beplan het. Drie bevelvoerders en minstens 10 burgerlikes is in die lugaanvalle dood. Vandag is twee Palestynse mans in die Wesoewer deur Israelse soldate doodgeskiet, nadat hulle vanuit ‘n motor skote op die soldate afgevuur het.