NVG twyfel of Gupta-broers uit in Emirate is…
Die hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag se ondersoekdirektoraat, Andrea Johnson, sê hulle het nooit in die Verenigde Arabiese Emirate toegang tot die Gupta-broers gekry nie. Dit ten spyte van versoeke om te sien waar die broers na bewering aangehou word. Die appèlhof in Dubai het geweier om Atul en Rajesh Gupta uit te lewer om in Bloemfontein tereg te staan op aanklagte van geldwassery van die onwettige opbrengs van 24,9-miljoen-rand uit die Nulane-bedrogspul. Johnson het tydens ʼn onderhoud gesê Suid-Afrikaanse owerhede het nooit eens gesigsfoto’s ontvang as bevestiging dat hulle wel aangehou word nie.