Rand verswak want beleggers is sat vir die ekonomiese uitdagings

Daar is kommer oor die wisselkoers tussen die Suid-Afrikaanse rand en die Amerikaanse dollar. Die geldeenheid het op ‘n stadium vanoggend teen meer as 18,80 teen die Amerikaanse geldeenheid verhandel. Die rand het laat Dinsdag baie verswak en terwyl daar geen opvallende rede daarvoor is nie, meen die Suid-Afrikaanse ekonoom beleggers is sat vir kwessies soos beurtkrag en begin die rand verkoop.