Tucker gaan Twitter toe met sy program

Die voormalige Fox-aanbieder Tucker Carlson, wat verlede maand deur die netwerk van die lug gehaal is, sê hy sal sy program “binnekort” op Twitter begin uitsaai. Fox News Media en Carlson het verlede maand paaie geskei, kort na die reuse-skikking met Dominion. Tucker Carlson Tonight was die hoogste gegradeerde nuusprogram in die 25-tot-54-ouderdomsdemografie in die VSA. Carlson se aankondiging kom weke nadat Twitter-eienaar Elon Musk ‘n tweedelige onderhoud met Carlson op Fox News gehad het.