Gryslys sal dalk nie krediegradering raak nie – SARB
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank glo dis onwaarskynlik Suid-Afrika se onlangse insluiting op die gryslys van die Finansiële Aksie-taakgroep sal die land se krediet-graderings beïnvloed. Volgens die adjunkpresident van die bank, Fundi Tshazibana, sal krediet-agentskappe die insluiting waarskynlik nie in ʼn negatiewe lig beskou nie aangesien dit neerkom op die verskerping van die taakgroep se monitor-rol en slegs problematies raak indien spertye misgeloop word. Die taakspan het Suid-Afrika tot 31 Januarie 2025 tyd gegun om aandag te skenk aan tekortkominge in sy pogings ten opsigte van geldwassery.