SA vroue-dirigent werk saam met Alicia Keys

Suid-Afrika se eerste swart vroue-dirigent, Ofentse Pitse, het die samewerking met die Grammy-wenner Alicia Keys as ‘n heilige ondervinding beskryf. Sy het ‘n orkes bestaande uit 74 vroue van kleur van oor die wêreld gelei in Alicia Keys se If I Ain’t Got You. Dit was vir Netflix se viering van die bekendstelling van die splinterreeks Queen Charlotte: A Bridgerton Story. Pitse sê dit was ‘n magiese ervaring om  nie net die orkes te lei nie, maar ook verwelkom te word deur van die beste musici wat sy nog ooit ontmoet het.