Privaatsektor moet weer help, regering het (weer) nie geld nie
Daar word al hoe meer beroepe op die privaatsektor gedoen om die regering by te staan in wat eintlik sy pligte is. Nou het die onderwysdirekteur in die Erongo-streek, Erenfriede Stephanus, ‘n beroep op die privaatsektor gedoen om die direktoraat by te staan met die opknapping van ou skoolgeboue, en die bou van nuwe skole. Volgens haar kan die regering dit nie alleen doen omdat daar, soos gewoonlik, nie genoeg geld is nie. Daar word gereeld op die privaatsektor staatgemaak om werk te skep, al ontbreek die regte beleidsomgewing, om te help om dorpe skoon te maak, landbou te diversifiseer, vroue te bemagtig, kinders te beskerm en meer. Onderwys doen ook herhaaldelik beroepe op die privaatsektor om te help om koshuise op te knap, toilette te verskaf, skryfbehoeftes en kos en meer aan skole te voorsien.