Voedselprogram begin met bystand in Sudan
Die Verenigde Nasies se Wêreldvoedselprogram het begin om kos aan derduisende mense in Sudan af te lewer in die hoop om meer gebiede te bereik, ten spyte van enorme veiligheidsuitdagings. Gevegte tussen die land se militêre magte en die paramilitêre groep Rapid Support Forces, het reeds die lewens van meer as 600 mense geëis. Sowat 100 000 mense het reeds na buurlande gevlug. Die Wêreldvoedselprogram beplan om onmiddellik meer as 384 000 mense in die Soedanse provinsies Gedaref, Gezira, Kassala en Wit Nyl te bereik.