Nog boorwerk vir olie in Oranje-bekken bevestig
Plaaslike berigte lui dat Galp, die eienaar van die eksplorasie-lisensie PEL 83 in die Oranje-bekken, waarin sakeman Knowledge Katti deur sy Custos Energy aandele het, ‘n 911 million Namibiese dollar kontrak met die SFL-korporasie onderteken het vir die Hercules-boorplatform. Eksplorasiewerk sal in die vierde kwartaal van vanjaar begin. Die Hercules is tans in Norweë en sal dan na Kanada gaan vir ‘n kontrak met ExxonMobil, voor die tuig Namibië toe sal kom. Galp het 80 persent van PEL 83, met Namcor wat 10 persent besit en Custos die oorblywende 10 persent. Die blok is net noord van Shell se Graff 1 en Jonker 1 putte waar groot sukses behaal is.