Weermag ontplooi om Eskom-kragstasies te beveilig
President Cyril Ramaphosa het die ontplooiing van 880 lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag gemagtig om ‘n aantal Eskom-kragstasies te beveilig. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê hulle sal misdaad voorkom en bestry en wet en orde handhaaf. Meer as 2 700-lede is in Maart en April by kragstasies ontplooi. Magwenya sê die nuwe ontplooiing strek tot 17 Oktober: