Ontsoute water is oplossing vir Erongo – Andre

Die goewerneur van die Erongo-streek Neville Andre het die Orano Erongo-ontsoutingsaanleg aangemoedig om hande te vat met die regering om water aan veral landelike gemeenskappe in die streek te voorsien. Daar is erge watertekorte in verskeie gebiede van Erongo, maar ook so in stedelike gebiede van die streek. Volgens Andre, maak landelike gemeenskappe staat op bestaanslandbou en sonder water, het hulle min sekuriteit in veral voedselproduksie. Maar, daar is uitdagings. Die aanleg is op seevlak en dus moet water opgepomp word wat dit duurder maak, en verder, daar is geen infstrastruktuur daarvoor nie. Die afstande is ook uiters groot. Die landbouminister Calle Schlettwein het onlangs aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat die projek om ontsoute water aan die sentrale gebied te verskaf, goed vorder.