Namibiese swemmers onttroon almal, Welwitschias struikel weer

Ons land se swemmers het eerste geëindig in die Cana-kampioenskappe wat in Luanda, Angola gehou is. Die span het 117 medaljes gewen waarvan 45 goud, met 36 silver en ook 36 brons medaljes. Dit was ‘n oortuigende wen met die Angolese span wat tweede gekom het met 74 medaljes en Suid-Afrika derde met 48 medaljes. In rugby het die Welwitschias hul Mzanzi Challenge-wedstryd 23-20 teen die Leopards verloor. Die wedstryd is op die Jan Wilkens-stadion op Walvisbaai gespeel.