Presidensie noem Zuma-dagvaardiging oor Zondo onlogies
Die Presidensie het oudpresident Jacob Zuma se poging gekritiseer, om President Cyril Ramaphosa hof toe te neem oor die aanstelling van hoofregter Raymond Zondo. Zuma se prokureurs eis in ‘n brief aan die president dat Zondo voor volgende week Donderdag uit sy pos verwyder word en sê sy aanstelling was irrasioneel. Zuma beskuldig die hoofregter daarvan dat hy oneerlik is oor private vergaderings tussen hulle terwyl hy nog president was. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die president gaan nie sy tyd mors om sulke onlogiese eise te oorweeg nie: