Nuwe taxi-lisensies beskikbaar in die Wes-Kaap

Die Wes-Kaapse Departement van Mobiliteit en die Stad Kaapstad sê daar is nog 1 296 nuwe taxi-bedryfslisensies beskikbaar. Die twee-jaar moratorium op nuwe aansoeke vir taxi-bedryfslisensies is in Februarie opgehef en word nou in twee fases beskikbaar gestel. Die stad se burgemeesterskomiteelid vir Stedelike Mobiliteit, Rob Quintas, sê die Wet op Nasionale Landvervoer vereis dat alle verskaffers van openbare vervoerdienste in besit moet wees van ‘n geldige bedryfslisensie om pendelaars te vervoer: