VN Kinderfonds bekommerd oor kinderhuwelike

Die Verenigde Nasies se Kinderfonds het sy kommer uitgespreek oor die stadige wêreldwye afname in kinderhuwelike. Volgens Unicef sal kinderhuwelike teen die huidige koers vir ‘n verdere 300 jaar voortduur. Elke jaar word 12 miljoen meisies kinderbruide, en in die meerderheid van hierdie huwelike is die meisies tussen 12 en 17 jaar oud. Die organisasie verwag dat die aantal kinderbruide teen 2030 met tien-persent sal toeneem, wat die behoefte beklemtoon om dringend op te tree en aandag te skenk aan die kwessie.