Namibiese landboukenner sê of vleispryse gaan daal

‘n Namibiese landboukenner het sy reaksie gegee op skaapvleis-uitvoere wat in die eerste drie maande van 2023 met 270,6 persent gestyg het, hoofsaaklik as gevolg van toenemende produksie-hoeveelhede. Meer as 158,63 ton skaapvleis is volgens die Vee- en Vleisbedryfs-verslag van die Vleisraad van Namibië na Suid-Afrika uitgevoer, en byna 60 ton na Noorweë. Die invoer van vleis en vleisprodukte op sowat 268,14 ton, het aansienlik gedaal gedurende die tydperk, ‘n afname van 50,3 persent van die sowat 539,69 ton wat in dieselfde tydperk in 2022 ingevoer is. Volgens die verslag sal die bemarking van vee na verwagting gedurende die 2023-tydperk toeneem, aangesien daar van boere verwag word om hul diere teen ‘n baie hoër tempo te verminder, om verliese te vermy weens die ongunstige reënval-toestande. Landboukenner Wallie Roux het met Kosmos 94.1 Nuus gesels of vleispryse vir verbruikers sal daal.