Rusland ontken sterfgevalle soos deur VSA deurgegee
Rusland het ‘n Amerikaanse beraming van sy militêre ongevalle in Oekraïne ten sterkste ontken en sê die syfers is uit die lug gegryp. Die Withuis het Maandag gesê Russiese magte het die afgelope vyf maande 100 000 ongevalle gehad waarvan meer as 20 000 sterftes was. Rusland se jongste ongevallesyfer is in September vrygestel en daarvolgens is 5 937 soldate in die konflik dood. Die Kremlin sê daar is geen manier waarop Washington akkurate skattings van Russiese ongevalle in Oekraïne kan maak nie.