Parlement bekragtig begroting, verhogings kan intree
Die Nasionale Vergadering het die begroting sonder enige aanpassings goedgekeur na dit ook reeds deur die Nasionale Raad deurgevoer is. Dit beteken dat die 2023-2024 begroting bekragtig is en die verhogings in toelae kan nou deurgevoer word. Die finansminister Ipumbu Shiimi het verhogings van 100 Namibiese dollar in beide die kwesbare kindertoelaag en die oumenspensioen aangekondig. Daar is deur die Nasionale Vergadering se woordvoerder, Rafael Hangula het onlangs bevestig dat wanneer die begroting bekragtig is, word die verhogings in werking gestel en ook, dat dit terugwerkend sal wees vanaf 1 April.