Red Force Debt Management ontferm hulle oor minderbevoorregtes
Dit is gedurende die koue wintermaande dat minderbevoorregtes baie hulp nodig het.
Red Force Debt Management is een van die maatskappye wat hulle ontferm oor die lot
van kwesbare Namibiërs in die winter. Hulle het komberse en voedsel-items aan
inwoners van Windhoek se informele nedersettings oorhandig. Julius Nyamazana,
uitvoerende hoof van Red Force, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.