Man by grenspos vasgetrek met dwelms

’n Man wat as ‘n vlugteling beskryf word, is by die Ariamsvlei-grenspos in hegtenis geneem nadat hy glo met dwelms in sy besit gevind is. Volgens die Namibiese polisie het die 26-jarige verdagte te voet na die padblokkade by die grenspos gestap. Polisiebeamptes het hom in die wagkamer ingeneem om hom te deursoek waartydens hy in besit gevind is van 1 004 Mandrax-tablette wat in ‘n Bluetooth-luidsprekerboks in ‘n drasak versteek was. Volgens die Namibiese polisie is die waarde van die Mandrax-tablette sowat 120 480 Namibiese dollar.