Esau, Van Wyk se borgaansoek tot vanmiddag uitgestel

Die borgtogaansoek vir die voormalige minister van visserye, Bernhard Esau, sal eers vanmiddag om half-drie in die Windhoek hoërhof voortgaan. Esau en sy mede-Fishrot-beskuldigde probeer steeds om borg te kry. Regter David Munsu het ‘n aansoek van die staat toegestaan om die saak tot vanmiddag toe uit te skuif. Die staat wil bykomende dokumente byvoeg. Staatsaanklaer Ed Marondedze, is af siek en senior aanklaer Clive Lutibezi sal voortgaan met Esau se ondervraging.