Man vas na hy verkeersbeampte met N$100 probeer omkoop
’n 32-jarige Namibiese man is op aanklagte van omkopery in hegtenis geneem in die Noorde. Die man het blykbaar 100 Namibiese dollar aan die verkeersbeampte aangebied om te keer dat hy in die hof moet verskyn op klagte dat sy voertuig oorlaai was nie. Hy is tussen Okahao en Oshakati deur die beamptes gestop. Die voertuig is volgens die polisie ook nie padwaardig nie en hy het sonder ‘n vervoerpermit gewerk. Hy sal na verwagting vandag in die landdroshof op Outapi verskyn.