Ally Angula sal staan vir presidensie in 2024
Die voormalige adjunk-uitvoerende direkteur in die finansministerie, Ally Angula, het aangekondig dat sy as presidentskandidaat in volgende jaar se verkiesing sal staan. Angula het as finansiële wunderkind ‘n paar jaar gelede na vore getree maar, het vinnig erge finansiële uitdagings ervaar met amper al haar projekte wat uiteindelik in die hof gedraai het met verskeie skuldeisers, onder wie ook die Presidentsvrou, Monica Geingos. Terwyl dit nie bekend is op Angula alleen of vir ‘n party sal staan nie sê sy onder die hustmerk Live the Promise Namibia 2024, op ‘n YouTube-video, dat daar talle beloftes gemaak is.
Maar, sy sê die Namibiese huis moet uitgebrei word.