Gas en olie in Namibië: Nes opsitkers, moet ons versigtig vennote kies

Almal vry na Namibië veral nou met groen-waterstof, en die olievonds wat aflandig ontdek is. Maar, Namibië het nie die kundigheid of die tegnologie om werklik beheer oor die bronne te behou nie. Beleggers sal na die land stroom maar, daar moet versigtig omgegaan word met die ooreenkomste om te verseker dat Jan Alleman voordeel daaruit trek. Dit is die mening van die plaaslike ekonoom Gabriel Erastus.