Vier banke bie vir First Republic in die VSA
Die Amerikaanse PNC Financial Services Group, JPMorgan Chase & Company en Citizens Financial Group Incorporated was van die banke wat gebie het om First Republic Bank oor te koop. Die uitslag moes reeds Sondagaand bekend gewees het maar die proses is vertraag. Die bank in San Fransisco, wat in kompetisie was met die Amerikaanse Silicon Valley Bank, wat onlangs bankrot verklaar is, struikel nadat 100 miljoen Amerikaanse dollar deur rekeninghouers onttrek is. Dit is die derde Amerikaanse bank wat in twee maande vou.