Mercedes-Benz sê hy kan nie bande met China sny nie
Om ekonomiese bande met China te sny is onrealisties. Dit is die standpunt van die uitvoerende hoof van die luukse motorvervaardiger Mercedes-Benz. Ola Kaellenius sê om dit te probeer doen, sal die grootste deel van Duitsland se bedryf in gevaar stel. Europa probeer sy afhanklikheid van China verminder, aangesien die ontwrigting van die pandemie en die Oekraïne-krisis die gevare van staatmaak op dominante verskaffers, en die kwesbaarheid van voorsieningskettings beklemtoon het. Ontkoppeling van China, die wêreld se tweede grootste ekonomie, is volgens die Europese-reus ondenkbaar. Duitse motorvervaardigers is afhanklik van die Chinese motormark, die wêreld se grootste, en Mercedes-Benz reken China se Beijing Automotive Group en Geely-voorsitter Li Shufu as sy twee topaandeelhouers.