Trump, DeSantis, Fox… almal loop deur by korrespondente-dinee in Washington

Die jaarlikse Withuis-korrespondente ete is in Washington gehou. Tradisioneel word daar spot gedryf met alles in die politiek en die nuusmedia. President Joe Biden het nie op hom laat wag nie. Hy sê daar is nog baie werk wat hy en sy adjunk Kamala Harris moet doen, en toe vat hy sy voorganger Donald Trump aan.

Die Florida-goewerneur Ron DeSantis se stryery met Disney en sy konserwatiewe standpunt teenoor die ‘woke’ tendens, is ook nie oorgesien nie.

En toe loop Fox News deur. Hy sê hy kon Fox as eerlik en deursigtig beskryf maar dan kan hy gedagvaar word vir laster. Toe vat hy die Dominion-skikking van meer as 780 miljoen Amerikaanse dollar aan.